As enige iemand ooit sou wonder waarvoor NG Bergsig bekend wil wees, is dit om Jesus Christus as Here te leef. Ons wil Vol uit die Liefde van God leef. Ons wil dit egter nooit net binne in onsself hou nie. Ons wil Voluit die Liefde van God uitleef Sonder Grense. Ons droom is om volledig uit die Liefde van God, ons Drie-enige God, mekaar en die gemeenskap lief te hê.
Ons Missie
Ons versorg mekaar en die gemeenskap
Om ons Visie en droom te bereik, voel ons dit ons missie om mekaar en die gemeenskap te versorg. Versorging het twee gesigte. Aan die een kant wil ons ons mense geestelik versorg deur hulle in verhouding met Christus te laat leef. Aan die ander kant wil ons ons mense fisies versorg deur die hande en voete van Christus te wees. Daar is eenvoudig net te veel geestelike en fisiese nood en pyn onder ons mense!
Gehoorsaamheid
Dit is om telkens te vra: Is ons besig om Jesus te volg?
Jer. 7:24, 1 Pet. 1:14-16, Fil. 2:12-13
Integriteit
In alle opsigte van jou lewe, sal jou ja, ja wees
en jou nee, nee.
Matt. 5:37, Jak. 5:12, Rom. 3:3
Verantwoordelik
Ek neem verantwoordelikheid, daarom kan ander my vertrou.
1 Tess. 2:2-3 en 13, Efes. 4:1, Matt. 25:23
Kalmte
Ek kies om kalm te bly ongeag die omstandighede.
Fil. 4:7, Efes. 4:31, 2 Kor. 6:3-4
Egte Verhoudings
As ek wen, verloor ons.
Joh. 15:12-13, Fil. 2:3-4, Gal. 6:2
Respek
Ek moet dit verdien, maar ek is dit aan almal verskuldig.