Ronel Kruger Gedenktuin bied ‘n pragtige, veilige laaste rusplek vir jou geliefdes en is geleë op die kerkterrein.
Die gedenktuin is nie net vir ons gemeente se gebruik nie, maar is tot enige Christen se beskikking. Die gemeente hou die tuine in stand en die administrasie word deur die kerkkantoor hanteer.
Die gedenktiun beskik oor 1180 nisse en kan vir enkel sowel as dubbel plasings gebruik word. Die koste beloop R2 500 per nis. Kopers maak uit die beskikbare nisse ‘n keuse waarna die bewaringsooreenkoms opgestel en gravering deur die kerkkantoor gereël word.