|
Baie welkom by NG Gemeente Rustenburg Bergsig.
Ons ontvang jou graag met Jesus se liefde – ons deure staan oop vir jou!!
Jou verwelkomingspakkie sluit in:
Kalender:
Alle gebeure, soos eredienstye e.a., is aangeteken op die Kalender!
Heelagter is die Bedieningstruktuur van ons gemeente uiteengesit – daar is 32 bedieninge waar jy die geleentheid kry om God te dien met die talente waarmee Hy jou geseën het.
Die predikante en personeel se foto’s en inligting is agterop – dit maak dit vir jou makliker om almal te leer ken.
Registrasievorm:
Voltooi asseblief die
registrasievorm en bring na die volgende verwelkomingsgeleentheid.
Debietordervorm:
Ons verkies dat jy jou dankoffer per debietorder oorbetaal – t.w.v. die sekuriteitsrisiko en ook omdat ons nie meer gebruik maak van diakens nie. Bring saam na die verwelkomingsgeleentheid.
CD van ‘n preek:
Eredienste word weekliks opgeneem en word per bestelling gedupliseer.
Bybelleesprogram:
‘n Leesprogram word maandeliks uitgedeel en jy is welkom om dit te volg.
Maak nie saak hoe oud of jonk jy is nie – hier is plek vir jou in Bergsig Gemeente.
Onthou asseblief:
Na elke erediens drink ons tee en koffie, in die vierkant, en ruil die week se nuus uit –
‘n ideale geleentheid om nuwe vriende te maak as jy nuut is in die gemeente!!
VIR ENIGE NAVRAE KONTAK
riekie@ngbergsig.co.za
Ons sien uit daarna om:
Saam met jou, as familielid, Jesus te dien!!!!
Saam is ons beter!
Bergsig-liefde
REGISTRASIE VORM **
WAAR KAN EK BETROKKE RAAK
|