Telefoon:  014 597 1236  
Faks: 014 597 3154

  
admin@ngbergsig.co.za

Betlehemstraat 194
(Ou Malanstraat), Rustenburg


Sondag: 08:00 en 10:00 Sondag Aand: 18:00  

Kinders: 08:00 en 10:00 
CRIB (tieners): 17:45

Sodat God se koninkryk kan kom, is ons gestuurdes van God, eer ons Hom, versorg ons mekaar, verleen ons hulp en bring on hoop met entoesiasme en toewyding.
 


Ds. Jan van Breda
082 468 4315
carina@ngbergsig.co.za



Ds Pieter Jordaan
082 561 8500
pieter@ngbergsig.co.za

 

WAAR KAN EK BETROKKE RAAK?

Gemeentelede is op verskillende plekke met die volgende aktiwiteite besig.
Skakel die kerkkantoor of ʼn leraar as jy voel die Here roep jou om betrokke te raak.

BEELD- EN KLANKOPERATEURS (KERK EN SAAL):
Verantwoordelik vir die rekenaars, projektors, klank in die kerk en in die saal tydens dienste.

BEGRAFNISBEDIENING:
Voorsien verversings by begrafnisse.

BEJAARDE BESOEKE:
Besoek bejaarde mense in die gemeente.

DATA-ADMINISTRASIE:
Betrokke by die insameling van lidmaat-inligting om daardeur die gemeente-databasis op datum te hou.

DIENSVERHOUDINGE (PERSONEELAANGELEENTHEDE):
Betrokke by alle sake met betrekking tot die personeel van die gemeente.

DIENSWERKERS:
Verwelkom lidmate by eredienste, hanteer die kollekte op Sondae en bedien nagmaal.

EIENDOMME EN FASILITEITE:
Deel van ʼn span wat omsien na die instandhouding van die kerkgeboue, en – terrein.

FINANSIËLE BEPLANNING EN KONTROLE:
Deel van die groep wat die begrotings van die verskillende aktiwiteite op so ʼn manier koördineer dat die gemeente se geld op ʼn verantwoordelike wyse aangewend word.

GASVRYHEID:
Skink tee na die oggend- en aanderedienste.

GEBED:
Georganiseerde gebedsgroepe wat jou die geleentheid bied om saam met medegelowiges te bid.

GESINNE:
Organiseer aktiwiteite wat gesonde huwelike en gesinne bevorder.

GOUE GERWE (BEJAARDES – SOSIAAL):
Behulpsaam met die reël van ontspanningsgeleenthede en uitstappies vir bejaardes.

HERDERS (HUISBESOEK):
Is deel van ʼn span toegeruste gelowiges wat persoonlike kontak met lidmate van die gemeente maak en hulle geestelik versorg.

KAIROS-GEVANGENISSE:
Deel van ʼn goed toegeruste span gelowiges wat deur naweekuitreike evangelisasie werk in die plaaslike tronke doen.

KINDERS (Gr. 1 – Gr. 7):
Help met die geestelike versorging van kinders tydens albei oggenddienste. Help ook met Kinderjol (naweekkampe).

KLEUTERS (3 – 6 j.):
Help met die geestelike versorging van kleuters tydens albei oggenddienste.

KLEREBANK:
Ontvang tweedehandse klere van die gemeente en versprei dit na behoeftige mense.

KOMMUNIKASIE:
Betrokke by ʼn span wat verantwoordelik is vir die kommunikasie, bemarking en media met die gemeente en die gemeenskap.

MANNE:
ʼn Span wat aktiwiteite reël vir mans wat hul die geleentheid bied om geestelike te groei en hulle rol en plek in die gemeente, huwelik en gesin te verstaan en uit te leef.

MATTEUS 25:
Is betrokke by die uiters behoeftige kinders in Rustenburg.

MUSIEK:
Deel van die sanggroep en begeleidingspan tydens eredienste in die kerk en die saal.

SIMBOLIEK:
Behulpsaam met die voorbereiding van die liturgiese ruimte in die kerk.

NUWE LIDMATE:
Is behulpsaam met die verwelkoming en inskakeling van nuwe lidmate by die gemeente.

NOOD:
Ondersteun mense wat materiële of fisiese nood het.

ONDERSTEUNING EN STEPHEN’S MINISTERY:
Word opgelei om op ʼn een-tot-een basis lidmate deur moeilike tye te dra.

PROJEKTE:
Bied ondersteuning aan welwillendheidsorganisasies in Rustenburg en omgewing wat op een of ander manier mense se nood aanspreek.

SIEKEVERSORGING:
Ondersteun siek mense en hul families.

SENTRUM VIR KONTEKTUELE BEDIENING (Skakel met die sentrum in Pretoria):
Hulp vir Ds. Arthur wat evangeliste oplei.

SENDING EN EKUMENE:
Skakel met verskillende sendingorganisasies en ander gemeentes in die land wat sendelinge dwarsoor die wêreld stuur en ondersteun.

TIENERS (Gr. 8 – Gr. 11):
Help met die geestelike versorging van tieners tydens CRIB (Christus regeer Bergsig) aanddienste. Help ook met Tienerkampe.

VROUE:
ʼn Span wat aktiwiteite reël vir vroue wat hul die geleentheid bied om geestelike te groei en hulle rol en plek in die gemeente, huwelik en gesin te verstaan en uit te leef.



WAAR KAN EK INSKAKEL?

BYBELSTUDIES:
Daar is tans 2 bybelstudies waarvan die een spesifiek gefokus is op senior lidmate van die gemeente. Tydens hierdie geleenthede kuier die lidmate saam rondom die Woord.

KLEINGROEPE:
Inskakeling by ʼn selgroep wat geestelike ondersteuning bied.

ONDER 30's:
Inskakeling by ʼn selgroep wat gefokus is op jongmense tussen ouderdom van 18 en 30 jaar.