|
Bedieningstruktuur
Die
bediening van ons gemeente is
hoofsaaklik in ses diensrade ingedeel.
Elke leraar is vir een diensraad
verantwoordelik. Elke diensraad
koördineer ‘n hele paar bedieninge.
Vrywilligers stel hulle gawes beskikbaar
om die Here in die verskillende
bedieninge te dien.
Diensraad:
Erediens
Dienswerkers
Dienswerkers is behulpsaam rondom die
eredienste op Sondae. Hulle verwelkom
mense by die deure en neem die
dankoffers op. Tydens nagmaal help die
dienswerkers met die voorbereiding vir
die nagmaal en die uitdeel van die brood
en wyn tydens die eredienste. Hulle help
ook met die voorbereiding van die kerk
op ‘n Sondagoggend en -aand. Die
dienswerkers is opgedeel in drie spanne
sodat daar elke Sondag ‘n ander span aan
diens is. Die dienswerkers is ook
verantwoordelik vir die hantering van
die geld op Sondae, sekere van die
dienswerkers word hiermee getaak.
Bedieningsleier: Stienie Linde
Kontaknr. : 083 267 3811
Simboliek
Die
bediening bestaan uit ‘n groep lidmate
wat saam met die leraars dink en beplan
met betrekking tot die simbole wat in
die kerk en tydens die eredienste
gebruik word. Die bediening is veral
verantwoordelik vir spesiale projekte
soos bv. Pinkster, Kerssangdiens of
enige ander spesiale geleentheid.
Hierdie bediening speel ‘n groot rol in
die visualisering van die
evangelieboodskappe.
Bedieningsleier :
Kontaknr. :
Kleuterkerk : 3j . - Gr. R
Kleuters
word Sondae, tydens die eredienste,
geestelik versorg in hul eie kerk.
Storietegnieke, DVD's, speletjies en
sang word gebruik om die Woord eietyds
aan hulle te bedien.
Bedieningsleier: Karen Otto
Kontaknr.: 082 801 3910
Kinderkerk
: Gr. 1 - 6
Laerskoolkinders word tydens eredienste
in hul eie kerk bedien. Kindereredienste
met visuele hulpmiddels, sang en tonele
word gebruik om die Evangelie vir die
kind verstaanbaar en leefbaar te maak.
Ouers is welkom om dit saam met hul kind
by te woon.
Bedieningsleier: Karen Otto
Kontaknr.: 082 801 3910
Sang en
Musiek
Hierdie
bediening bestaan uit lidmate met
verskillende musikale gawes. Hulle is
verantwoordelik om die aanbid-ding op
Sondae tydens die eredienste te lei.
Hierdie is een van die bedieninge wat
besondere toewyding en getrouheid vra.
Die musiekkoördineerder koördineer al
die musiek in die gemeente en werk saam
met die leraar wat die Sondag preek in
die voorbereidings van die musiek vir
die eredienste.
Bedieningsleier : Werner van Niekerk
Kontaknr. : 082 802 6208
Tienereredienste (CRIB-erediens Gr 7 -
12)
Die
jongmense in ons gemeente word tydens
die aanddiens in die saal bedien. Daar
word ‘n erediens vir ongeveer 30 minute
aangebied waarna die jongmense in
kleiner groepe verdeel. Volwassenes word
gebruik in die kleingroepe om as
jeugleiers/kleingroepe op te tree.
Bedieningsleier: Zybrand Lombaard
Kontaknr. : 083 459 3053
Teeskink (Gasvryheid)
Na elke
erediens en by spesiale geleenthede word
daar tee geskink sodat mense informeel
lekker saam kan kuier en die warmte en
liefde van medegelowiges kan ervaar.
Hierdie bediening is verantwoordelik vir
die voorbereiding en die skink van tee
na elke erediens asook die oprium in die
kombuis.
Bedieningsleier : Corna Nel
Kontaknr.: 082 514 9778
Klank en
Rekenaar
Tydens
elke erediens het ons iemand wat die
klank hanteer en dan ook die woorde van
die liedere op die skerm gooi. Hierdie
bediening vra baie getrouheid en dikwels
baie tyd. Hulle is ook verantwoordelik
vir die opneem, redigering en
verspreiding van die eredienste op CD of
kasset.
Bedieningsleier: Etienne Vets
Kontaknr. : 083 406 0722
Diensraad:
Diens Getuienis
Klerebank
Daar is
dikwels mense met klerenood wat nie geld
het om nuwe klere te koop nie, soms is
ons ou klere in ‘n beter toestand as
hulle beste klere. Die bediening help
met die sorteer en die verspreiding van
klere uit die kerebank.
Bedieningsleier: Wilna Steyn
Kontaknr.: 082 874 4544
Uitreik
Rusland
IIsabel du
Toit is ‘n lidmaat van ons gemeente wat
deur die Here geroep is om in Rusland
sendingwerk te gaan doen. Hierdie
bediening is verantwoordelik vir
geestelike en morele ondersteuning aan
Isabel.
Bedieningsleier: Karien Naude
Kontaknr.: 082 820 3320
Uitreik
Rustenburg - Tentgemeentes
Deur die
genade van die Here kon ons as gemeente
deel wees van die plant van tien
tentgemeentes in die Phokeng omgewing.
Die bediening is op hierdie stadium ‘n
baie belangrike deel van ons uitreik in
die Rustenburg omgewing.
Bedieningsleier: Paul Dgosi
Matteus 25
Minderbevoorregte kinders wat nie altyd
in gewense omstandighede woon nie, word
verskeie geleenthede gebied om geestelik
en emosioneel ontwikkel.
Bedieningsleier: Pikkie Swart
Kontaknr.: 082 943 1785
Uitreik
Nood
Nood kan
in verskillende vorme beleef word. Met
die bediening word alle middele tot ons
beskikking aangewend om verligting aan
persone in nood te bring. Persone in
nood se fisiese sowel as geestelike
behoeftes (evangelisasie) word in die
bediening aangespreek.
Bedieningsleier :
Kontaknr. :
Uitreik
Afrika
Ons is ‘n
gestuurde gemeente wat met die liefde
van die Here uitreik na mense dwarsoor
die wêreld. Ons eie kontinent is vir ons
belangrik en hierdie bediening
koördineer die uitreik van die gemeente
in Afrika in.
Bedieningsleier :
Kontaknr. :
Kairos
bediening
Evangelisasie, ondersteuning en
onderskraging word aan persone in die
gevangenis gelewer deur die bediening.
Bedieningsleier : Walter Vermaak
Kontaknr. : 082 460 1621
Diensraad:
Pastorale versorging
Begrafnisse
Wanneer
mense iemand aan die dood afstaan het
hulle baie ondersteuning en liefde van
hulle “kerkfamilie” nodig. Hierdie
bediening is besonder betrokke by die
verskaffing van verversings na ‘n
begrafnis, maar hulle help ook met die
besoeke aan mense wat geliefdes aan die
dood afgestaan het.
Bedieningsleier : Truia Koekemoer
Kontaknr. : 072 298 4803
Siekeversorging
In tye van
siekte wil ‘n mens graag weet dat jou
“kerkfamilie” daar is vir jou. Hierdie
bediening is verantwoordelik om die
siekes te gaan besoek en hulle met die
Woord en met gebed te bemoedig.
Bedieningsleier : Lindie Swanepoel
Kontaknr. : 082 704 3815
Gebed
Sonder
gebed kan ons niks doen nie. Hierdie
bediening is verantwoordelik om sake vir
voorbidding te identifiseer en te
verseker dat daar deurlopend vir die
gemeente en deur die gemeente gebid
word.
Bedieningsleier : Griet Visagie
Kontaknr. : 083 645 2899
Herderskap
en Berading
Die
bediening staan op twee “omgee beginsels”
naamlik, herderskap en berading.
Herderskap het betrekking op geestelike
oppas en versorging terwyl berading
bemoe-diging en raadgee insluit.
Bedieningsleier : Tewie Pieters
Kontaknr. : 082 329 9996
Goue Gerwe
(Bejaarde sosiaal)
Die Goue
Gerwe kyk na die sosiale interaksie
tussen die bejaardes in ons gemeente.
Sosiale byeenkomste word maandeliks
gereël.
Bedieningsleier : Fransie Henzen
Kontaknr. : 084 367 4533
Bejaardeversorging (Pastoraal)
Hierdie
bediening versorg al die senior lidmate
in ons gemeente, hetsy geestelik,
emosioneel of fisies.
Bedieningsleier : Hannes Weideman
Kontaknr. : 082 710 1523
Diensraad:
Verhoudinge
Gesinsbediening
Dwarsdeur
die Bybel speel die gesin ‘n baie
belangrike rol in die kerk. Die term,
Verbondsgemeenskap, beklemtoon ook die
belangrike van die gesin in God se plan
met die kerk en die wêreld. Die
bediening help met die reëling en
aanbieding van geleenthede om
gesinsbande in die gemeente te versterk
en uit te bou.
Bedieningsleier : Jan Steenekamp
Kontaknr. : 083 700 8317
Bybelstudiegroepe
Daar is ‘n
hele paar Bybelstudies in die oggende.
Die bediening is verantwoordelik vir die
organisering van die verskillende
Bybelstudiegroepe.
Bedieningsleier :
Kontaknr. :
Bediening
Nuwe Lidmate
Nuwe
lidmate wat by ons gemeente inskakel
moet so gou moontlik deel word van die
gemeente en êrens tuiskom. Hierdie
bediening help met die verwelkoming van
die mense wanneer hulle na die erediens
aanmeld. Daar is ook mense wat by die
nuwe lidmate besoek gaan aflê.
Bedieningsleier: At v/d Merwe
Kontaknr. : 082 732 4320
Mannebediening
Die Here
wil elke man, sy vrou en kinders seën
deur Rustenburg-Bergsig se
Mannebediening. Ons poog om alle mans
toe te rus as geesvervulde, getroue
dissipels van Jesus.
Bedieningsleier: Steyn Fourie
Kontaknr. : 083 270 2274
Vrouebediening
Vrouebediening in Rustenburg-Bergsig is
vir al die vroue van die gemeente en
wyer. Ons het verskeie geleenthede deur
die jaar waar vrouens geestelik opgebou
word, saam kuier en God loof en prys.
Daar is iets vir elkeen.
Bedieningsleier: Riekie Terblanche
Kontaknr. : 082 824 8329
Selgroepe
Bedieningsleier:Hannie Swart
Kontaknr. : 072 212 5931
Diensraad:
Opleiding
Kleingroepopleiding
Daar is ‘n
groot aantal kleingroepe in ons gemeente
wat weekliks bymekaar kom. Daar word
weekliks op Sondae opleiding gegee vir
die verskillende kleingroepleiers.
Bedieningsleier :Johan Visagie
Kontaknr. : 083 651 7211
Kleuter-/
kinderkerk opleiding
Die junior
kinders (tot en met Graad 6) in die
gemeente kom elke Sondagoggend tydens
een van die eredienste saam vir hulle
eie erediens, maar ook om geleer te
word. Die kinders word geestelik
toegerus en die waarhede van die Bybel
word aan hulle geleer.
Bedieningsleier : Zybrand Lombaard
Kontaknr. : 083 459 3053
Tienerkerk
opleiding
Die
jongmense in ons gemeente kom tydens die
aanddiens in die saal byeen vir hulle
eie erediens. Die helfte van die tyd
word egter gewy aan kleiner groepe waar
tieners toegerus en die beginsels van
die Bybel geleer word.
Bedieningsleier :
Kontaknr. :
Diensraad:
Administrasie
Tegnologie
Die
Tegnologiebediening is verantwoordelik
vir die instandhouding van die
tegnologie (klankstelsels,
dataprojektors, ens.) in die kerk.
Bedieningsleier : Etienne Vets
Kontaknr. : 083 458 3001
Eiendomme
Hierdie
bediening kyk na die terrein en geboue
op die kerkkterrein. Hulle is veral
verantwoordelik vir die besluite rondom
enige veranderinge aan die geboue en
terrein.
Bedieningsleier : Fritz Shawe
Kontaknr. : 072 226 6681
Diensverhoudinge
Die
bediening vir Diensverhoudinge behartig
die menslike hulpbronbestuur van die
gemeente. Die behoefte en leemtes ten
opsigte van die voltydse personeel van
die gemeente word deurlopend ge-evalueer
en wanneer daar vakatures is behartig
hierdie bediening die vulling daarvan in
opdrag van die kerkraad.
Bedieningsleier : Willie Burger
Kontaknr. : 084 433 5058
Finansies
Die
bediening is verantwoordelik vir die
opstel van begrotings, monitering van
werklike uitgawes en die finalisering
van finansiële jaarstate. In die geval
van kapitaalprojekte sien die bediening
toe dat daar voldoende finansiering
beskikbaar is.
Bedieningsleier:
Kontaknr. :
WAAR KAN EK BETROKKE RAAK??
 |